Logo

Wessels se muffins

12 Muffins

Gebak

3

Die Koekedoor Wessels het vir ons gewys hoe om heerlike kaas- en uie-muffins voor te berei. Kry sy resep hier.

Koekedoor_Wessels_muffins-1
Bestanddele

500 g meelblom

15 ml bakpoeier

1 ml sout

1 eier

250 ml kaas

30 ml sprietuie

5 ml mosterdpoeier

250 ml melk

Metode
  1. Verhit oond teen 180 ˚C. Spuit muffinpan met kleefvrye kossproei.
  2. Sif meel, sout en bakpoeier saam. Roer kaas, uie en mosterdpoeier by.
  3. In aparte bak, klits melk en eiers saam, roer by die meelmengsel in tot net aangeklam.
  4. Skep in voorbereide muffinpan en bak vir sowat 15 minute tot gaar.


Hierdie resep is eksklusief tot kykNET en die bakboek Koekedoor 2. Dit mag slegs met die toestemming van kykNET en Human & Rousseau gepubliseer word, hetsy elektronies of in druk.

 

Gewildste Resepte