Logo

Tara se sjokolade-en-bessie-koekies

20 Koekies

Gebak

4

Dié sjokolade-en-bessie-koekies is ’n gunsteling in Koekedoor Tara se familie. Kry die resep hier.

Koek-Tara-Sjokbessie-1
Bestanddele

110 g botter

100 g strooisuiker

75 g bruinsuiker

5 ml vanieljegeursel

1 eier

150 g meel

50 g kakao

ml koeksoda

knippie sout

50 g donkersjokolade

70 g bosbessies

60 g sjokolade

Metode
  1. Verhit die oond tot 180°C.
  2. Berei bakplaatjies voor met bakpapier.
  3. Meng die botter, suikers en vanielje tot lig en romerig.
  4. Voeg die eier by en klop goed.
  5. Sif die droë bestandele oor die botter-mengsel en meng goed.
  6. Meng die sjokolade en bosbessies by die beslag.
  7. Maak bolletjies en druk dit bietjie plat en plaas op die bakplaatjies. Laat genoeg spasie vir die koekies om te versprei.
  8. Bak vir omtrent 10-12 minute.
  9. Laat goed afkoel.
  10.  

(Hierdie resep is eksklusief tot kykNET en die bakboek Koekedoor 2. Dit mag slegs met die toestemming van kykNET en Human & Rousseau gepubliseer word, hetsy elektronies of in druk.)

 

Gewildste Resepte