Logo

Tara se nagmusiek-kolwyntjies

19 Mei

12 Kolwyntjies

Gebak

4

Klik hier vir die Koekedoor Tara se resep vir sjokolade-kolwyntjies.

Koek-Tara-Kolwyntjies-1
Bestanddele

Kolwyntjies

40 g botter

140 g strooisuiker

100 g meel

20 g kakao

7,5 ml bakpoeier

knippie sout

1 eier

50 ml Nachtmusik-likeur (kan vervang word met melk)

80 ml melk

40 g haselneute (opgekap)

Roomkaas-versiersel

90 g botter (sag)

230 g roomkaas

550 g versiersuiker (gesif)

paar druppels suurlemoensap of vanielje-geursel

Sjokolade-ganache

250 ml melk

350 g donkersjokolade (opgekap)

Jel-kleursel (opsioneel)

Metode

Kolwyntjies

  1. Meng suiker en botter saam tot romerig.
  2. Sif die droë bestanddele saam en meng deur die bottermengsel tot deur gemeng.
  3. Meng die nat bestandele saam.
  4. Gooi ¾ van die nat mengsel by die droë mengsel en meng deeglik. Voeg die res van die nat bestanddele by en meng goed.
  5. Sprinkel die haselneute bo-oor die kolwyntjies en bak teen 180°C vir +/- 15-20 minute.
  6. Laat die kolwyntjies afkoel op ’n draadrak.

 

Sjokolade-ganache

  1. Verhit die room tot dit net kook.
  2. Gooi die warm room oor die sjokolade in ’n mengbak en klop tot glad.
  3. Voeg swart jel-kleursel by die mengsel indien verkies.
  4. Laat staan tot glad en koel.

 

Roomkaas-versiersel

  1. Meng die botter en roomkaas saam tot glad.
  2. Voeg die versiersuiker by en meng goed.
  3. Voeg die suurlemoensap/vanielje by en meng tot net deur gemeng.
  4. Plaas die ganache en roomkaas versigtig in dieselfde spuitsak met ’n ronde punt (nommer 2).
  5. Spuit die versiersel bo-op die kolwyntjies.

 


(Hierdie resep is eksklusief tot kykNET en die bakboek Koekedoor 2. Dit mag slegs met die toestemming van kykNET en Human & Rousseau gepubliseer word, hetsy elektronies of in druk.)

 

Koek-Resep-Corli-Olie-1
Corli se oliebolle
2016-05-13

Corli se oliebolle

Gewildste Resepte