Logo

Tara se koekies met okkerneute

35 Koekies

Gebak

3

Kry die resep vir die Koekedoor Tara se koekies met okkerneute hier.

Koekedoor-Tara-Okker-1
Bestanddele

1 vanieljepeul

230 g botter

90 g versiersuiker

knippie sout

1 eierwit

70 g okkerneute

200 ml meel

30 ml versiersuiker

Metode
  1. Verhit die oond tot 180°C.
  2. Sny die vanieljepeul oop en krap die sade uit.
  3. Meng die vanielje, botter, sout en suiker saam tot lig en romerig.
  4. Voeg die eierwit by en meng tot die mengsel dik is.
  5. Sif die meel en meng die okkerneute daardeur.
  6. Vou die meelmengsel by die botter- en eiermengsel.
  7. Plaas die deeg in 'n spuitsak met 'n groot sterpunt en spuit op 'n bakplaat met bakpapier.
  8. Bak vir ongeveer 8-10 minute tot goudbruin.
  9. Sif die versiersuiker oor die warm koekies en laat afkoel.


(Hierdie resep is eksklusief tot kykNET en die bakboek Koekedoor 2. Dit mag slegs met die toestemming van kykNET en Human & Rousseau gepubliseer word, hetsy elektronies of in druk.)

 

Gewildste Resepte