Logo

Tara se bierbrood

02 Junie

4 Porsies

Gebak

3

Koekedoor Tara se bierbrood is maklik en vinnig om te maak, maar baie lekker om te eet. Sit warm voor saam met hope botter.

Koek-Tara-Bier-1
Bestanddele

250 g meel

125 g volgraanmeel

15 ml bakpoeier

7,5 ml sout

5 ml suiker

5 ml vinkel

150 g cheddarkaas

50 g biltong

330 ml bier

30 ml sonneblomsaad

Metode
  1. Verhit oond tot 180°C. Smeer 'n 20 cm x 12 cm-broodpan.
  2. Meng die meel, bakpoeier, sout, suiker en vinkel in 'n groot bak.
  3. Voeg die biltong en kaas by.
  4. Roer die bier deur die mengsel.
  5. Sprinkel die sonneblomsade bo-oor.
  6. Bak in die middel van die oond vir ongeveer 45-55 min.
  7. Laat koel in pan vir +/- 10 min. en keer uit op afkoelrak.

 


(Hierdie resep is eksklusief tot kykNET en die bakboek Koekedoor 2. Dit mag slegs met die toestemming van kykNET en Human & Rousseau gepubliseer word, hetsy elektronies of in druk.)

 

Gewildste Resepte