Logo

Sanet se koekies met witsjokoladesplinters en neute

4 Porsies

Gebak

4

Die Koekedoor Sanet hou van ’n taai koekie. Probeer gerus dié koekies met witsjokoladesplinters.

Koekedoor-Sanet-Witsjok-1
Bestanddele

150 g botter

80 g bruinsuiker

80 g suiker

10 ml vanielje-ekstrak

1 eier

225 g koekmeel

2 ml koeksoda

knippie sout

100 g pekanneute

100 g witsjokoladesplinters

50 g maraschino-kersies

Metode
  1. Voorverhit oond tot 170°C en voer 2 bakplate met bakpapier.
  2. Room botter en suiker met die spaanhegstuk in die bak van ’n staanmenger. Klits dan die eier en vanielje by die bottermengsel in.
  3. Sif die meel, koeksoda en sout oor die mengsel en meng met houtlepel. Voeg dan die neute, kersies en sjokolade by en meng goed met lepel.
  4. Skep lepelsvol deeg op bakplaat en bak vir sowat 10 minute tot ligbruin en nog sag binne.
  5. Laat staan in die bakplaat vir ’n paar minute en plaas dan op afkoelrak.

 
(Hierdie resep is eksklusief tot kykNET en die bakboek Koekedoor 2. Dit mag slegs met die toestemming van kykNET en Human & Rousseau gepubliseer word, hetsy elektronies of in druk.)

 

Gewildste Resepte