Logo

Sampioen-en-uie-botterbroodjie

11 Junie

4 Porsies

Gebak

4

Sjef Maritha Steyn het tydens ’n uitsending van Die GROOT Ontbyt ’n sampioen-en-uie-botterbroodjie voorberei. Hier is haar resep.

Groot-Ontbyt-2-1
Bestanddele

30 ml olyfolie

250 g sampioene

60 ml sherry

sout

peper

1 ml gedroogde tiemie

olie

1 medium ui

360 ml koekmeel

2,5 ml gerookte sout

10 ml bakpoeier

40 ml koue botter

180 ml melk

30 ml olyfolie

Metode
  1. Verhit oond teen 180 °C.
  2. Verhit olie en braai sampioene tot sag. Voeg geurmiddels en sherry by. Laat verder afkook.
  3. In 'n ander braaipan, verhit bietjie olie en braai die uie. Draai hulle versigtig om. Skakel die plaat af.
  4. In 'n groot mengbak, voeg meel, sout, bakpoeier en botter saam. Gebruik jou vingerpunte en vryf die botter in sodat dit soos mieliemeel lyk.
  5. Voeg melk, olie en sampioen-mengsel by en roer tot net gemeng.
  6. Druk effe platter op ‘n meel bestrooide oppervlakte en druk met ‘n glasie uit.
  7. Plaas op bakplaat en plaas uie bo-op. Druk dit effe plat. Besprinkel met nog gerookte sout
  8. Bak vir 15 tot 20 minute of tot gaar.
Groot-Ontbyt-3-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-06-11

Sampioensous

Gewildste Resepte