Logo

Paasbolletjies

14 Maart

18 Broodrolletjies

Gebak

4

In ’n episode van Die GROOT Ontbyt is daar paasbolletjies deur sjef Suzanne Crozier voorberei. Hier die resep.

<p>Paasbolletjies</p>
Bestanddele

Vir broodrolletjies:

480 g meelblom

5 ml sout

60 ml suiker

3 ml gemengde speserye

3 ml neutmuskaat

5 ml kaneel

10 g kitsgis

60 g margarien

150 ml warm melk

1 groot eier

125 ml louwarm water

75 g gedroogte vrugte

1 eier

Vir versiersuiker:

120 g meelblom

2 ml sout

45 ml olie

125 ml melk

1 groot eier

Metode

Vir glasering:

  1. Bring 250 ml suiker en 125 ml water tot kookpunt. Roer voortdurend en kook vir 5 minute.

Metode:

  1. Meng meelblom, sout, suiker, speserye, neutmuskaat en kaneel saam. Voeg kitsgis by en meng goed saam.
  2. Smelt margarien in warm melk en laat staan om bietjie af te koel.
  3. Voeg nou melkmengsel by droë bestanddele, saam met geklitste eier en genoeg louwarm water om ’n sagte deeg te vorm.
  4. Knie deeg totdat dit sag en elasties raak (sowat 10 minute).
  5. Plaas deeg op ’n meelbestrooide oppervlak, bedek met plastiek wat besmeer is met olie en laat staan vir sowat 10 tot 15 minute.
  6. Knie nou die gemengde vrugte in die deeg in.
  7. Deel die deeg in 18 gelyke hoeveelhede. Vorm ronde broodrolletjies en plaas op ’n bakplaat wat besmeer is met olie.
  8. Bedek met plastiek wat besmeer is met olie en laat staan tot verdubbel in grootte (sowat 20 tot 25 minute).
  9. Voorverhit oond teen 200 °C.
  10. Berei nou die versiersuiker vir die bolaag voor deur die meel, sout en olie saam te meng. Voeg melk geleidelik by totdat ’n dun beslag vorm – dun genoeg om in ’n spuitsak te gebruik maar dik genoeg om loperigheid te verhoed.
  11. Borsel bolletjies met geklitste eier en, met ’n spuitsak, trek ’n kruis oor elke broodrolletjie met versiersuiker.
  12. Bak in oond vir sowat 15 tot 20 minute.
  13. Borsel die broodrolletjies met warm suikerwater sodra dit vanuit die oond verwyder word.
Meel- en suikerlose piesang-plaatkoekies
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-03-09

Meel- en suikerlose piesang-plaatkoekies

Gewildste Resepte