Logo

Marco se warm aartappelslaai

4 Porsies

Braai

4

Tydens ’n episode van Kampkos het Marco Spaumer vir ons gewys hoe om heerlike warm aartappelslaai voor te berei. Kry sy resep hier.

Kampkos_marcospaumer_warmartappelslaai-1
Bestanddele

botter

okkerneute

anyssaad

klein aartappels

1 suurlemoen

pere

bloukaas

sout

peper

Metode
  1. Smelt botter oor medium-hitte in 'n platboompan en voeg die steranys ook in die pot.
  2. Sny die reeds gaar­gekookte aartappeltjies in die helfte. Sny ook die pere op in kleiner stukkies en voeg die aartappels en die pere by die pot.
  3. Maak nou die neute fyn en rasper 'n bietjie van die suurlemoenskil baie fyn. Voeg die neute en suurlemoenskil in die pot.
  4. Bedruip ook die slaai met suurlemoensap en voeg 'n bietjie sout en peper by.
  5. Verwyder nou die slaai vanaf die hitte en bedien dit in 'n slaaibak nadat die bloukaas bo­oor die slaai verkrummel is.
  6. Vir 'n bietjie kleur kan jy granaatpitte ook bo­oor die slaai strooi.
Kampkos_gideonlombard_kruisskuif-1
Kampkos Logo
2016-06-10

Gideon Lombard se kruisskuif-flambé

Gewildste Resepte