Logo

Jaco Muller se bierhoender

02 Junie

4 Porsies

Braai

3

In ’n episode van Kampkos het Jaco Muller ons gewys hoe om ’n bierhoender op die kole voor te berei. Kry sy resep hier.

Kampkos-7
Bestanddele

1 heel hoender

1/2 blikkie bier

tiemie

olyfolie

sout

peper

Metode
  1. Smeer die hoender met olyfolie.
  2. Maak 'n speserymengsel met sout, peper en ook met die vars tiemie.
  3. Die hoender moet oor indirekte hitte wees, so geen kole direk onder die hoender nie.
  4. Smeer die mengsel oor die hoender en maak hom staan op 'n blikkie wat op die vuur sal wees.
  5. As jy nie 'n staander het nie, kan jy die hoender se kneukels gebruik as stutte.
  6. Smeer ook 'n bietjie suurlemoensap oor die hoender en bedruip ook die hoender daarmee elke nou en dan.
Kampkos-2
Kampkos Logo
2016-06-02

Jakkie Louw se Bosveld-peri-peri-potjie

Gewildste Resepte