Logo

Corli se bierbrood

02 Junie

1 Groot, of 2 klein brode

Gebak

3

Probeer gerus die Koekedoor Corli se resep vir bierbrood met mielies, kaas en spek.

Koek-Corli-Bier-1
Bestanddele

100 g spek

½ ui

botter

500 g bruismeel

5 ml sout

200 g cheddarkaas

340 g mielies

330 ml bier

1 mielie

Metode
  1. Verhit oond tot 180˚C. Smeer broodpan.
  2. Braai uie en spek in 'n bietjie botter tot goudbruin en gaar. Laat afkoel.
  3. Terwyl die uie en spek afkoel, sny die pitte van die gaar mielie in repe van die stronk af en plaas onder in die broodpan.
  4. Sif meel en sout saam. Roer die geblikte mielies, kaas en die afgekoelde ui-en-spek-mengsel by. Voeg bier by en meng goed met vurk of lepel.
  5. Skep mengsel in pan. Bak in oond vir een uur of tot gaar. Gebruik 'n toetspen om seker te maak dis gaar.
  6. Haal uit en laat rus vir 5 minute voor jy die broodjie uitkeer op 'n afkoelrak.

 


(Hierdie resep is eksklusief tot kykNET en die bakboek Koekedoor 2. Dit mag slegs met die toestemming van kykNET en Human & Rousseau gepubliseer word, hetsy elektronies of in druk.)

 

Gewildste Resepte