Logo

Pampoentert

20 Augustus

Gebak

3

Dié heerlike tert is tydens ’n episode van Slank 3 voorberei. 

Pampoentert
Bestanddele

botter vir smering

250 g room-roomkaas (by kamertemperatuur)

6 eiers

1 t vanieljegeursel

½ k vars room

500 g pampoen (gekook en gedreineer)

2 t bakpoeier

1 t sout

xylitol en fyn kaneel (vir besprenkeling)

Metode

1. Verhit die oond tot 180°C. 
2. Smeer ’n medium-oondbak met botter.
3. Meng al die bestanddele in ’n voedselverwerker, behalwe xylitol en kaneel, tot ’n baie sagte beslag. 
4. Gooi die mengsel in die oondbak.
5. Bak vir 30-40 minute of tot bruin en ’n paar krake verskyn die oppervlak. 
6. Laat afkoel en besprinkel dan met xylitol en kaneel net voor die bediening.