Logo

Pampoenpoffertjies

05 April

0 Porsies

Gebak

4

In ’n episode van Tyd met Aleit is dié heerlike pampoenpoffertjies voorberei. Kry die resep hier.

Tyd met Aleit
Bestanddele

Karamelstroop

250 ml witsuiker

60 ml botter

250 ml water

250 ml melk

25 ml vlapoeier

Poffertjies

250 ml koekmeel

25 ml witsuiker

10 ml bakpoeier

250 ml gaar pampoen afgekoel

1 eier geklits

4 ml melk

olie vir diepbraai

Metode

Vir die poffertjies:

  1. Sif die koekmeel, suiker en bakpoeier saam.
  2. Meng die pampoen, eier en melk by. Verhit die olie op die stoof.
  3. Braai eetlepels vol in matige-warm olie tot opgepof en goudbruin.
  4. Skep uit met ’n gaatjieslepel. Dreineer op kombuispapier en hou dit warm.

Vir die sous:

  1. Verhit die suiker en botter in ‘n dikboompot oor ‘n lae hitte tot goudbruin.
  2. Voeg die water, gevolg deur die melk, stadig by tot die karamel gesmelt is.
  3. Meng die vlapoeier met ‘n klein bietjie koue water en voeg dit by die res van mengsel.
  4. Verhit die sous en roer deurgaans tot dit verdik is en giet oor die pampoenpoffertjies.
Krummelkoek 3
Perske-en-vanielje-krummelkoek
2017-05-03

Perske-en-vanielje-krummelkoek

Gewildste Resepte