Logo

Oorskiet bolognese pizzas

03 April

2 pizzas

Gebak

173027

Resepte deur Caro Alberts en Tiaan Langenegger

Oorskiet Bolognese pizzas vir die jongspan02
Bestanddele

1 koppie Bruismeel

1 koppie Volroom jogurt

1 knypie Sout

Pizza bedekkings (oorskiet bolognese, salami, kaas, olywe, ens.)

Metode

Meng genoeg jogurt by die meel en sout om ’n rolbare deeg te maak.

Bedek ’n oppervlak met ’n klein bietjie meel, deel die deeg in 2 en rol dan elke bolletjie uit tot so 3mm dik. (As jou pan te klein is kan jy dit ook in 3 deel vir 3 pizzatjies.)

Verhit ’n pan oor ’n medium hitte, smeer die pan met ’n bietjie olie en braai die pizza basis vir so 2-3 minute aan een kant tot dit goudbruin en gaar is.

Draai die basis om en laat ander kant gaar word, skakel hitte af en plaas dan jou pizza bedekkings met oorskiet Bolognese, bobotie, bredie, gaar wors of hoender en geur met ander bestanddele soos tamatiesous, mushrooms, pynappel ens.

Sprinkel gerasperde kaas oor en braai in oond tot kaas smelt of geniet net so.

Gewildste Resepte