Logo

Oondgebakte botterskorsieslaai

02 April

Glutenvry

336994

Resepte deur Caro Alberts en Tiaan Langenegger

OONDGEBAKTE BOTTERSKORSIE SLAAI01
Bestanddele

1 Botterskorsie heel gerooster

1/4 koppie Pampoenpitte

1/4 koppie Sesamesade

1/4 koppie Gevlokte Amandels

1 Eierwit

1 eetlepel Bruin Suiker

Sout na smaak

1-2 teelepels Kerriepoeier

1-2 skywe Deense Feta (of gewoon)

Metode

Voorverhit die oond na 180C.

Meng die pampoenpitte, sesamesade, amandels, eierwit en suiker saam en geur met sout.

Rooster in ’n 180C oond tot goudbruin - dit neem so 15-20 minute.

Breek die pampoen mooi in stukke en plaas op ’n opdienbord.

Besprinkel met sade.

Breek feta oor en bedien.

*Om die botterskorsie heel te rooster, voorverhit die oond na 180C. Plaas die botterskorsie heel in die oond in ’n oondpan en rooster net so heel vir 1 uur of tot sag en gaar.

Gewildste Resepte