Logo

Onfeilbare pannekoekresep

10 pannekoeke

154320

Resepte deur Caro Alberts en Tiaan Langenegger

<p>Onfeilbare Pannekoek</p><p>&nbsp;</p>
Bestanddele

200 ml Melk

175 ml Water

5 ml Suurlemoensap

125 ml Sonneblomolie

250 ml Bruismeel

2 ml Sout

2 Eiers

Sonneblomolie vir braai

Metode

Kry ’n groot vles.

Gooi die nat bestanddele in die vles.

Voeg dan die droë bestanddele by en skud baie goed saam, tot gemeng.

Smeer ’n kleefwerende pan met 'n bietjie olie (ek gebruik sommer kombuispapier).

Gooi net genoeg beslag in om die bodem van die pan te bedek en wag tot dit gaar word, jy sal sien die kante begin wegkrul van die pan af. Draai dit dan versigtig om en braai vir so 3 minute aan die ander kant.

Geniet soos jy verkies, kaneelsuiker is lekker!

Gewildste Resepte