Logo

Nantes-worsbredie

08 November

Frans

3

Hierdie gereg was nog nooit tweekeer dieselfde nie. Hoeveelhede hang af van smaak, wat byderhand is en die hoeveelheid gaste.

EdikvanNantesResep
Bestanddele

2 e druiwepitolie

1 kg gemengde worsies (soos bees, skaap en vark, sommige gegeur, ander gekrui of gerook)

aartappels in skil

geelwortels

uie gehalveer

sampioene opsioneel

1 bottel uitstekende Franse sjampanje

1 e mielieblom

seesout

swartpeper grofgemaal

vars pietersielie

Metode
  1. Verhit olie in ’n groot pan of kastrol.
  2. Braai die wors tot goudbruin en verwyder uit pan. Laat afkoel.
  3. Sny groente in ewe groot blokkies en braai vir een minuut in dieselfde pan.
  4. Gooi sjampanje oor en laat prut tot gaar.
  5. Sny wors in skyfies en roer by.
  6. Meng mielieblom met twee eetlepels water tot ’n pasta en roer by.
  7. Roer stadig totdat sous verdik.
  8. Geur met sout en swartpeper.
  9. Breek pietersielie (baie!) bo-oor.
  10. Tuisgemaakte blatjang, marmelade of rissiekonfyt van enige tyd kan bygeroer word of apart saan net due bredie bedien word.
Kosblik_30 Oktober
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-10-30

Bone-falafels met appel

Gewildste Resepte