Logo

Malvalekker-en-sjokoladebraaibroodjie

21 November

6 persone

Braai

4

Dis ’n redelike maklike braaibroodjie omdat die malvalekkers en die sjokolade albei heel tevrede is om gou te smelt, so jy sal sonder te veel moeite die binnekant gesmelt hê teen die tyd dat die buitekant goudbruin is.

Episode 21   Malva en sjokelade braaibroodjie
Bestanddele

12 snye Brood

Botter

150 g Malvalekkers

200 g Sjokolade opgekap

Metode
  1. Sny die malvalekkers in die helfte en kap die sjokolade op.
  2. Bou die braaibroodjies: Botter elke sny brood aan een kant (dis die kant wat buitentoe sal kyk wanneer jy eers die braaibroodjie aanmekaar gesit het). Sit die helfte van die snye brood op hul botterkante neer en pak die malvalekkers en sjokolade daarop. Bedek met die oorblywende snye brood en laat hulle botterkante boontoe wys.
  3. Braaibroodjies is draaibroodjies. Jy moet braaibroodjies gereeld draai en jy braai hulle in ’n toeklaprooster. As jy nie een het nie, koop een - verkieslik ’n rooster met verstelbare diepte sodat jy elke broodjie reg kan vasknyp. Jy wil matige hitte hê en die rooster moet redelik ver van die kole af wees. Jou doel is om die sjokolade gesmelt en die malvalekkers geswel en gesmelt te hê teen die tyd dat die buitekante goudbruin is. Om te keer dat die braaibroodjies vassit, help dit as jy die rooster ’n paar keer oop-en-toe maak ná die eerste paar maal se omdraai.
  4. Sodra jou braaibroodjies reg is, sny jy elkeen in die helfte. Ek glo die regte manier om ’n braaibroodjie te sny, is diagonaal, en die regte tyd om dit te eet, is onmiddellik.
Episode 20   Lamsnek Ragu
Jan Braai
Sub Titel

Lamsnek ragu

Gewildste Resepte