Logo

Leah se ontbytpan

Braai

4

Leah het tydens ’n episode van Kampkos dié heerlike gereg voorberei. 

KampKos_OntbytPan
Bestanddele

4 eiers

250 - 500 g boerewors

250 g spek

250 g kersietamaties

1 pakkie sampioene

200 g haloumi-kaas

koljander

1 soetrissie geel

2 uie

gemengde speserye

Metode
  1. Begin deur die olie in die pan te verhit en die haloumi-kaas in kleiner blokkies te sny.
  2. Wanneer die olie warm genoeg is, braai die haloumi totdat ’n goue bruin kleur kry. Sout die kaas behoorlik aan beide kante en haal van die pan af. (Let wel, die haloumi moenie te lank in die hitte wees nie, sodat dit nie smelt nie.)
  3. Braai die gekapte uie, wors en gesnyde spek. Roer gedurig soos dit braai.
  4. Sout en peper na smaak.
  5. Skuif die uie, wors en spek na die kante, sodat daar ’n opening in die middel is.
  6. Braai die sampioene, tamaties en geel soetrissie in die middel.
  7. Meng alles deurmekaar.
  8. Maak weer kleiner openings en breek die eiers in hierdie gedeeltes. Sout en peper na smaak.
  9. Voeg die gebraaide haloumi by.
  10. Strooi gemengde speserye oor dis en garneer met koljanderblare.

 

KampKos S4_RoosterKoek-Austin Rose
Kampkos Logo
2017-05-29

Garnale op die kole

Gewildste Resepte