Logo

Jerusalem-artisjokke en groenboontjies

22 Augustus

Lewer 4 - 6 porsies

Vegetaries

4

Dié resep is tydens ’n episode van Edik van Nantes – Winter  voorberei. Probeer dit gerus self.  

EVN_Artisjokke
Bestanddele

1 kg Jerusalem artisjokke (skoongemaak en gehalveer)

2 uie (gekap)

250 g groenboontjies (punte afgesny)

1-2 l water (afhangende van diepte van pot)

8 heel knoffelhuisies

75 g botter

100 ml witwyn

knippie neutmuskaat

2 e pietersielie (gekap)

8 repies Parmesaan (dungesnyde)

sout en peper

olyfolie

Metode

1. Smelt 50g botter in ’n pot, voeg uie by en braai vir 5 minute.
2. Voeg artisjokke by en braai vir 3 minute.
3. Voeg witwyn, knoffelhuisies en neutmuskaat by en braai vir 3 minute.
4. Bedek met kookwater, sit deksel op en prut vir 8 minute.
5. Voeg groenboontjies en 25g botter by.
6. Verwyder die deksel, voeg sout en peper by en prut vir 8-10 minute.
7. Skep in opdienbakkies en sprinkel met vars pietersielie.
8. Bedien met repies Parmesaan en bedrup met olyfolie.

Edik-van-Nantes-0
Edik van Nantes Kie About
18 July 2018

Feëkoekies