Logo

Slank: Indiese garnale

05 Desember

4 Porsies

Vir gewigsverlies

4

Kry die resep vir Indiese garnale, wat in ’n episode van Slank voorberei is, hier.

Slank-3-1
Bestanddele

GM:

3 ML koljandersade

3 ml komyn

1 knypie swartpeperkorrels

1 knypie kerriepoeier

15 ml koljander

7 ml lemmetjie- of suurlemoensap

120 g garnale

3 ml mosterd-saadjies

1 g rissies

30 ml babatamaties

9 g sprietuie

30 ml seekos-aftreksel

MN:

4 ml koljandersade

4 ml komyn

1 ml swartpeperkorrels

1 knypie kerriepoeier

20 ml koljander

10 ml lemmetjie- of suurlemoensap

200 g garnale

4 ml mosterd-saadjies

2 g rissies

18 g sprietuie

80 g babatamaties

50 ml seekos-aftreksel

SB:

1 knypie koljandersade

1 knypie komyn

1 knypie swartpeperkorrels

1 knypie kerriepoeier

10 ml koljander

5 ml lemmetjie- of suurlemoensap

100 g garnale

1 knypie mosterd-saadjies

1 g rissies

9 g sprietuie

50 ml babatamaties

20 ml seekos-aftreksel

ST:

4 ML koljandersade

4 ml komyn

1 knypie swartpeperkorrels

1 knypie kerriepoeier na smaak

15 ml koljander

8 ml lemmetjie- of suurlemoensap

150 g garnale

4 ml mosterd-saadjies

1 g rissies

14 g sprietuie

40 ml seekos-aftreksel

Metode

Indien jy die Slender Wonder-program volg moet jy die mates gebruik volgens jou fase. Indien jy nie op Slender Wonder is nie, gebruik die mates in die ST- of MN-kolom.

 

  1. Braai die koljandersade en komyn saam met die peperkorrels in ‘n pan oor matige hitte. Skud elke nou en dan totdat die geure vrystel vir 2 tot 3 minute. Sit dit in ‘n bord en laat afkoel. Maak dan fyn sodat dit soos fyn gemaalde swartpeper word. Voeg die kerrie poeier by.
  2. Meng die vars koljander, suurlemoen- of lemmetjiesap sowel as die spesery-mengsel saam in ‘n bak en versnit. Voeg die garnale by en maak seker die speserye bedek die garnale. Maak die bak toe en plaas in die ykas vir 30 minute. Moenie vir langer as 2 ure marineer nie.
  3. Spuit ‘n pan met kleefvrye-sproei (Spray & Cook original) en verhit oor matig tot warm hitte. Voeg die mosterdsaadjies. Bedek die pan met ‘n deksel wanneer die saadjies begin skiet. Sodra die saadjies op hou skiet, voeg die uie by en braai vir 1 minuut. Voeg die tamaties by, verminder die hitte en prut totdat die mengsel verdik vir ongeveer 2 tot 4 minute. Voeg die garnale in ‘n enkel laag totdat die onderkant van die garnale pink word (ongeveer 1 tot 2 minute). Draai om en braai die anderkant vir ongeveer 1 tot 1½ minuut. Voeg die aftreksel by en kook vir nog ‘n verdere minuut.
  4. Garneer met vars koljander. Bedien onmiddelik

 

Vir meer resepte kan jy die Slender Wonder-resepteboek (volume 1 of 2) by ‘n Slender Wonder-dokter koop of direk by ons hoofkantoor ([email protected]).

Toks-en-Tjops-1
Ribeye-steak en klappergemmer-mieliemeel met pikante-salsa
2016-12-03

Ribeye-steak en klappergemmer-mieliemeel met pikante-salsa

Gewildste Resepte