Logo

Eenskottelgebak met aartappel en hoender

20 Augustus

8-10 porsies

Gebak

4

Koskonsultant Heleen Meyer het hierdie gereg in ’n episode van Die GROOT Ontbyt voorberei. Die resep is aangepas uit Cooking from the heart 1. Foto: Heleen Meyer

DGO-Aartappel
Bestanddele

1 k melk

1 e mielieblom

1 k jogurt (sonder geursel)

4 eiers (geklits)

4 t tiemieblare

swartpeper (na smaak)

6-8 aartappels (in skywe gesny)

1-2 appels (met die skil, gehalveer en in skyfies gesny)

250 g sampioene (in dun skyfies gesny)

2-3 k hoender (gaar en gepluis)

½ k uie (gedroog)

¼ k cheddarkaas (gerasper)

Metode

1. Voorverhit die oond tot 180 °C.

2. Meng die melk met die mielieblom sodat dit geen klonte vorm nie. Roer die jogurt, eiers en tiemie by en geur na smaak met swartpeper. Meng goed deur.

3. Giet van die jogurtmengsel in ’n groot oondvaste bak.

4. Pak die aartappels, appels, sampioene, hoender en gedroogde uie in lae in die oondbak. Eindig met ’n laag aartappel en appel.

5. Skep die res van die jogurtmengsel bo-oor.

6. Strooi die kaas oor en bedek met foelie. Bak vir 45 minute of tot die aartappels gaar is. Verwyder die foeilie en bak vir nog 15 minute of tot goudbruin.

7. Sit met ’n slaai van jou keuse voor.

Die-Groot-Ontbyt
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2018-06-13

Patat-nachos met tuisgemaakte chakalakasous

Gewildste Resepte