Logo

Bruschetta met uie en swartbessies

Italiaans

4

Dié heerlike bruschetta met uie en swartbesses is tydens ’n episode van Edik van Nantes 3 voorberei. 

Edikvannantes3
Bestanddele

150 g rooi uie fyngekap

100 g salotte fyngekap

22 t versiersuiker

1 e balsamiese asyn

1 e bloubessielikeur

4 mozzarella-balletjies klein

brood gesny

olyfolie

seesout

swartpeper grofgemaal

Metode
  1. Verhit die uie, ’n eetlepel olyfolie, versiersuiker en ’n knippie sout oor matige hitte.
  2. Roer van tyd tot tyd, kook vir 8 minute.
  3. Voeg balsamieseasyn en likeur by, roer en kook vir 6 minute.
  4. Verwyder van hitte en laat afkoel.
  5. Rooster ’n paar snye brood en skep uie mengsel bo-op.
  6. Bedek met mozzarella.
  7. Geur met sout en peper en bedrup met olyfolie.

 

EVN_klaargegrilbroodjies
Edik van Nantes Kie About
2017-10-18

Klaargegrilbroodjies

Gewildste Resepte