Logo

Boule chocolat au crumble de fraises

13 Julie

Gebak

4

Vandag se Koskenades werk 'n bietjie anders. Die familielede het 'n resep ontvang wat hulle moet volg ...

Chocolate Dome
Bestanddele

Broskoekie-basis

150 g Botter

130 g Strooisuiker

3 Eiergele

8 g Bakpoeier

200 g Koekmeel

Neutmuskaat

Kaneel

Komyn

Koepel

Donker sjokolade

Ys-koepels

Sjokolade pen

Krummel

1/2 koppie Hawermout

1/2 koppie Meel

1 eetlepel Suiker

2 eetlepels Botter gesmelt

Waspapier

Oggend voorbereiding

1 Eier

30 g Suiker

Handklitser

220 g Melk verhit

180 g Donker sjokolade

400 g Room

10 Halfmaan-vorms

Roomkaas versiersel

225 g Roomkaas

1/2 koppie Ongesoute botter

1 teelepel Vanieljegeursel

4 koppies Versiersuiker

Metode

Oggend voorbereiding:

  • Op 'n lae hitte meng die eier, suiker en warm melk met 'n klitser.
  • Bring die temperatuur op tot 84-85C. (Gebruik die termometer) terwyl jy dit vedurig klits.
  • Haal dan van die hitte af.
  • Gooi die mengsel, oor die donker sjokolade, deur 'n sif om enige klonte te vermy.
  • Meng tot heeltemal gesmelt.
  • Klits die room styf.
  • Vou die sjokolade mengsel by die room en vou in.
  • Plaas die mengsel in 7 die halfmaan-vorms.
  • Vries vir ten minste 5 ure.
  • Vries ook water in 3 van die halfmaan-vorms.

Broskoekie-basis: (shortbread)

  • Meng al die bestanddele deeglik in 'n bak tot dit 'n deeg vorm.
  • Gebruik die speserye na smaak.
  • Rol die deeg uit tussen twee lae waspapier tot 'n halwe sentimeter dikte.
  • Gebruik 'n glas om sirkels uit te druk. (sowat 7-8cm in deursnee)
  • Plaas op waspapier in die oond vir 15-20 minute op 180C tot goud-bruin.

Krummel:

  • Meng die hawermout, meel en suiker in 'n bak.
  • Voeg die gesmelte botter by, bietjie-vir-bietjie en meng totdat los krummel vorm. Moet nie oormeng nie.
  • Bak op 'n waspapier bakplaat vir 30 minute.
  • Laat dit afkoel vir sowat 10 minute.

Roomkaas versiersel:

  • Meng botter, kaas en klits tot roomerig.
  • Voeg vanieljegeursel en sout by en roer.
  • Sif geleidelik die versiersuiker by tot die verlangde konsekwentheid verkry is.

Koepel:

  • Pop die ys-koepels wat julle vroer gevries het uit die halfmaan-vorms.
  • Dubbelketel: Smelt die donker sjokolade in 'n bak bo-oor stoom (moet nie die sjokolade brand nie!) en plaas dit in die sjokolade pen.
  • Teken jou eie ontwerp met die pen op die ys.
  • Haal versigtig en in een stuk die sjokolade-koepel van die ys af.
  • Herhaal vir al die nageregte.
  • KYK HIER OM TE HELP

Finale saamestelling:

  • Haal die gevriesde mousse uit die halfmaan-vorms en plaas op 'n dripbak.
  • Dubbelketel: Smelt die sjokolade in 'n glasbak bo-oor warm stoom. Moet nie die sjokolade brand nie!
  • Gooi gesmelte donker sjokolade oor die gevriesde mousse en laat dit stol.
  • Op 'n bord: Plaas 'n broskoekie.
  • Sit die sjokolade-mousse halfmaan op die ronde kant bo-op die koekie.
  • Versier die halfmaan met die roomkaas versiersel.
  • Strooi die krummel bo-oor.
  • Plaas die aarbeie en mint bo-op die krummel.
  • Sit versigtig jou ontwerpde sjokolade koepel oor alles.
Varkboud
Kwarantyn Poster (1)
Sub Titel

Varkboud met heuning en rooikool

Gewildste Resepte