Logo

Boer Petré – Fillet A La King

04 Februarie

Frans

4

Loer hier na Boer soek 'n vrou se Boer Petré se gunsteling resep

Petre resep – Boer soek 'n vrou 14 | Fillet a la king
Bestanddele

4 Bees fillette

200 g Cheddarkaas gerasper

200 g Spek

10 ml Sout

2 ml Peper

50 g Botter

5 ml Droë roosmaryn

25 ml Franse mosterd

50 ml Konjak

Metode
  • Maak 'n dwarssnit in elke fillet om 'n sakkie te vorm
  • Besprinkel binne en buit met sout en peper
  • Meng kaas en spek saam
  • Vul die opening van die fillet met die kaas-en-spek mengsel
  • Steek die opening toe met peuselstokkies en bind fillet toe met tou
  • Smelt botter, oor matige hitte in 'n pan
  • Voeg by roosmaryn en braai fillette tot goudbruin en gaar
  • Haal fillette uit die pan
  • Roer mosterd by die pan mengsel en giet dan oor die fillette
  • Gooi konjak in die pan en steek aan die brand
  • Giet konjak oor die fillette 
Piesangbrood image
Boer soek 'n vrou S14 Poster
Sub Titel

Boer Gerhard – Piesangbrood

Gewildste Resepte