Logo

Boer Mary-Lou – Gebakte vis met lemoen-gemmersous

24 Januarie

4 porsies

3

Loer hier na Boer soek 'n vrou se Boer Mary-Lou se gunsteling resep

Mary Lou Image
Bestanddele

200 ml Vars lemoensap

5 ml Suurlemoenskil fyn gerasper

’n Halwe klomp sprietuie gekap

Een stuk gemmer so groot soos ’n okkerneut geskil en fyn gekap

25 ml Sojasous

2 ml Bruinsuiker

30 ml Pietersielie gekap

1 ml 'Five spice powder'

25 ml Sonneblomolie

10 ml Botter

650 g Hake of Cape Whiting filette

15 ml Koringmeel

25 ml Sjerrie (‘medium dry’)

50 ml Room

Geroosterde sesamsaad

Metode
  • Meng lemoensap, suurlemoenskil, uie, sojasous, suiker, gemmer, pietersielie en 'five spice powder'
  • Verhit oond tot 180 grade celsius 
  • Sit olie en botter in 'n glas of porselein bakskottel en verhit in die oond
  • Plaas die visfilette netjies in 'n ry in die bakskottel, gooi sous oor en bak vir 20 minute
  • Meng koringmeel, sjerrie en room en meng dit in met die sous
  • Laat die vis daarna vir nog 15 tot 20 minute bak
  • Haal die visfilette versigtig uit die bakskottel, meng die sous, gooi die sous dan oor die vis en sprinkel sesamsaad oor die filette
Boer Carel | Pampoenpoffers – Boer soek 'n vrou 14
Boer soek 'n vrou S14 Poster
Sub Titel

Boer Carel – Pampoenpoffers

Gewildste Resepte