Logo

Boer Carel – Pampoenpoffers

15 Januarie

36 poffers

Gebak

3

Loer hier na Boer soek 'n vrou se Boer Carel se gunsteling resep

Boer Carel | Pampoenpoffers – Boer soek 'n vrou 14
Bestanddele

Vir die poffers

3 koppies Boerpampoen gaar en fyngemaak

2 Eiers

1 teelepel Sout

2 koppies Bruismeel

3 teelepels Bakpoeier

2 koppies Kookolie

Vir die stroop

2 koppies Suiker

1 koppie Water

1/2 koppie Melk

30 ml Botter

1 knippie Sout

2 teelepels Mielieblom

Metode

Poffers

  • Klop pampoen, eiers en sout saam
  • Sif bruismeel en bakpoeier saam en meng dan met pampoenmengsel tot 'n sagte deeg vorm
  • Verhit kookolie in pot oor matige hitte
  • Skep 'n eetlepel vol mengsel in verhitte olie en braai tot ligbruin en gaar (herhaal tot al die mengsel gebruik is)
  • Dreineer poffers en skep in opdienbak. Hou warm

Stroop

  • Verhit al die bestanddele saam (behalwe mielieblom) tot kook
  • Meng mielieblom met kouewater tot 'n pasta vorm en roer by stroop
  • Gooi stroopmengsel oor warm poffers

Gewildste Resepte