Logo

Beesvleis-en-brokkoli-roerbraai

17 Oktober

4 Porsies

Vir gewigsverlies

495253

Hierdie beesvleis-en-brokkoli-roerbraai is in ’n episode van Slank voorberei. Kry die resep hier.

Slank-Beesvleis-en-brokkoli-roerbraai-1
Bestanddele

GM

2 ml versoeter

5 ml balsamiese asyn

15 ml appelsap

2,5 ml gemmer

120 g beesfilet

25 g uie

¼ knoffelhuisie

125 g brokkoli

nie-kleefbare sproei

MN

5 ml versoeter

7,5 ml balsamiese asyn

25 ml appelsap

2,5 ml gemmer

10 ml sojasous

5 ml Maizena

200 g beesfilet

50 g uie

½ knoffelhuisie

150 g brokkoli

250 ml bruinrys

nie-kleefbare sproei

SB

1 ml versoeter

4 ml balsamiese asyn

10 ml appelsap

2,5 ml gemmer

100 g beesfilet

20 g uie

¼ knoffelhuisie

100 g brokkoli

nie-kleefbare sproei

ST

3 ml versoeter

6 ml balsamiese asyn

20 ml appelsap

2,5 ml gemmer

8 ml sojasous

150 g beesfilet

25 g uie

½ knoffelhuisie

125 g brokkoli

250 ml bruinrys

nie-kleefbare sproei

Metode

Indien jy die Slender Wonder-program volg moet jy die mates gebruik volgens jou fase. Indien jy nie op Slender Wonder is nie, gebruik die mates in die ST- of MN-kolom.

 

  1. Meng die versoeter, asyn, appelsap, gemmer, sojasous (waar van toepassing) en Maizena (waar van toepassing) saam en hou eenkant.
  2. Spuit nie-kleefbare sproei in 'n nie-kleefbare pan of wok en roerbraai die beesvleis tot bruin, skuif na voorverhiite bord en bedek met foelie om warm te hou.
  3. Roerbraai die uie en knoffel vir 2 minute.
  4. Voeg die brokkoli by die uie en roerbraai vir 3 tot 5 minute, voeg water by indien nodig om te voorkom dat dit brand.
  5. Meng die beesvleis en sousmengsel en roerbraai oor hoë hitte vir 2 tot 4 minute tot alles warm is.
  6. Bedien onmiddellik (met rys of pasta vir ST en MN).

 


Vir meer resepte kan jy die Slender Wonder-resepteboek (volume 1 of 2) by 'n Slender Wonder-dokter koop of direk by ons hoofkantoor ([email protected]).

 

Toks-en-Tjops-Picanha_Slaai-1
Picanha-slaai met koeskoes
2016-10-15

Picanha-slaai met koeskoes

Gewildste Resepte