Logo

Aartappelslaai met kruie

14 Augustus

Slaai

3

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, dié heerlike gereg voorberei vir die kosblik. Die resep is aangepas uit Cooking from the heart 3. Foto: Heleen Meyer

Aartappelslaai
Bestanddele

Kruie-olie

75 ml olyf- of avokado-olie

10 ml roosmaryn, origanum en Italiaanse pietersielie elk vars gekapte

varsgemaalde swartpeper na smaak

15 g Air-Dried Fruit & Veg se Veg Energy gedroogde groente

Slaai:

1 kg baba-aartappeltjies in die skil

sout na smaak

2-3 takkies vars roosmaryn

4-6 groot Nulaid eiers, hardgekook, en in wiggies gesny

1 skyf fetakaas, grof gekrummel

1 sprietui gekap (opsioneel)

Metode

Vir die slaai:

  1. Plaas aartappels met water, ’n knippie sout en roosmaryntakkies in ’n kastrol (bv. AMC 20 cm Gourmet High). Bring oor matige hitte tot kookpunt.
  2. Verlaag die hitte en prut aartappels met die deksel op vir 20-25 minute of tot net sag. Laat effens afkoel. Sny elke aartappeltjie met die skil in die helfte of in kwarte, afhangend hoe groot dit is.

Vir die kruie-olie:

  1. Meng die kruie en olie en geur na smaak met peper. Roer helfte van die pakkie gedroogde groente by.
  2. Meng die kruie-olie met die gaar aartappels, terwyl dit nog effens warm is en laat heeltemal afkoel. Roer die res van die slaaibestanddele by. Strooi die orige gedroogde groente oor die slaai en sit dadelik voor.
  3. Pak in as deel van ’n vegetariese ete in ’n kosblik of geniet as ’n ligte maaltyd of bygereg.

Wenk:

  1. Ander kruie, soos basiliekruid of kruisement sal ook heerlik wees saam met die aartappels.
Toks-en-Tjops-1
Ribeye-steak en klappergemmer-mieliemeel met pikante-salsa
3 December 2016

Ribeye-steak en klappergemmer-mieliemeel met pikante-salsa

Gewildste Resepte