Logo

Varknek burgers

11 Julie

4 persone

Braai

3

'n Ierse mosterd en kaas vark burger.

Episode 2   Varknek burgers
Bestanddele

4 Varknek steaks

4 Burger Rolletjies

Dijon / Heelkorrelmosterd

Sout

120 g Cheddar Kaas snye/gerasper

Metode

LAAT WAAI:

  1. Smeer elke varknek steak aan albei kante met mosterd. Gebruik Dijon of heelkorrelmosterd, of sommer ‘n kombinasie van albei.
  2. Braai die steaks oor warm kole vir omtrent 10-15 minute tot gaar. Draai die steaks gereeld sodat die mosterd nie brand nie. Jy kan gedurende die tyd ook die steaks geur met sout.
  3. Gedurende die laaste twee minute van braai, plaas kaas op elke steak. Die hitte van die vleis en vuur sal die kaas smelt.
  4. Sit die gebraaide kaas en varknek steak binne ‘n rolletjie en geniet dit!
Episode 1 JanBraai boerewors met tamatiesmoor en kaas
Jan Braai
Sub Titel

Boerewors met tamatiesmoor en kaas

Gewildste Resepte