Logo

Lamtjops met songedroogde tamatiepesto en botter

01 Augustus

12 Tjops

Braai

405036

Jan se heel beste lamtjop-resep

Episode 5   Lamstjops met Songedroogde tamatiepesto
Bestanddele

12 Lam lendetjops

Sout & Peper

125 g Botter in blokkies gesny

140 g Songedroogde tamatiepesto

Vars Koljander fyn gekap

1 Suurlemoen

Metode

LAAT WAAI:

  1. Geur die tjops met sout en peper en braai oor warm kole in jou toeklaprooster tot amper gaar. Die buitekant van die vleis en vet moet net begin karamaliseer, en die binnekant nog meer aan die rou kant. Jy gaan dit weer braai, so moet dit nie aan die begin te veel braai nie. Haal die rooster van die vuur en gooi die tjops in n groot genog mengbak.
  2. Gooi die botter en pesto oor die warm tjops en roer dit deur sodat al die tjops goed bedek is met die botter en pesto.
  3. Bedruip die tjops met vars suurelemoensap en vars koljander en meng weer goed.
  4. Plaas nou die tjops terug op jou rooster en braai vir nog so 2 - 4 minute aan elke kant sodat al die geure kan ontwikkel en die tjops reg is vir eet.
  5. Bedien saam met ekstra vars suurlemoensap en vars koljanderblare.
<p>Lam Kofta Burger - Jan Braai - kykNET</p>
Lam Kofta Burgers
Sub Titel

Lam Kofta Burgers

Gewildste Resepte