Logo

Karamelbraaibroodjie

6 persone

Braai

3

Die inspirasie vir die resep is die Argentynse alfajor-happie en kan jou dalk oorhaal om sonder skaamte karamel enige tyd van die dag te eet soos die mense in Argentinië.

Episode 15   Dulche de leche Braaibroodjie
Bestanddele

12 snye Brood

Botter

1 blik Karamel

2 sopies Droë klapper

Metode
  1. Bou die braaibroodjies: Botter elke sny brood aan een kant (dis die kant wat buitentoe sal kyk wanneer jy eers die braaibroodjie aanmekaar gesit het). Sit die helfte van die snye brood op hul botterkante neer en smeer met karamel. Strooi klapper oor. Bedek met die oorblywende snye brood en laat hulle botterkante boontoe wys.
  2. Braaibroodjies is draaibroodjies. Jy moet braaibroodjies gereeld draai en jy braai hulle in ’n toeklaprooster. As jy nie een het nie, koop een - verkieslik ’n rooster met verstelbare diepte sodat jy elke broodjie reg kan vasknyp. Jy wil matige hitte hê en die rooster moet redelik ver van die kole af wees. Jou doel is om die karamel lekker warm te hê teen die tyd dat die buitekante goudbruin is. Om te keer dat die braaibroodjies vassit, help dit as jy die rooster ’n paar keer oop-en-toe maak ná die eerste paar maal se omdraai.
  3. Sodra jou braaibroodjies reg is, sny jy elkeen in die helfte. Ek glo die regte manier om ’n braaibroodjie te sny, is diagonaal, en die regte tyd om te bedien is onmiddellik saam met ’n koppie tee.
Episode 14 Sirloin Steak met Chimichurri
Jan Braai
Sub Titel

Steak met chimichurri sous

Gewildste Resepte