Logo
web uni tv guide

Winslyn

144FinansiesPG13
<p>Divan</p>

Divan Botha

Divan Botha is die aanbieder van Winslyn, een van Suid-Afrika se geliefdste sake- en aktualiteitsprogramme.

Voor hy homself as suksesvolle entrepreneur gevestig het, was hy die hoof van bemarking by FNB se afdeling vir sake-bankdienste, waar hy vir twee jaar gedien het as uitvoerende lid. In 2007 voltooi Divan sy meestersgraad in internasionale bemarking by die Universiteit van
Johannesburg.

Sy liefde vir entrepreneurskap en passie vir kleinsake-ondernemings het lewe gevind toe hy die restourant en koffiewinkel The Whippet in
Linden, Johannesburg, oopgemaak het. Drie jaar later het hy sy liefde vir koffie verder omskep in Flight Coffee, ’n premium Suid-Afrikaanse
koffiewinkelgroep, met groot planne vir Londen en Hong Kong.

Divan is ’n passievolle Suid-Afrikaner en Johannesburger en glo dat entrepreneurskap die sleutel tot ’n ware ommekeer in die Suid-Afrikaanse ekonomie kan wees.