1
Samesweringsteorieë is aan die orde van die dag, en met die hedendaagse verskynsel van fopnuus raak dit moeiliker om te onderskei wat is die waarheid en wat is nie. In die nuwe kykNET-reeks, Wat is waarheid, word ’n aantal samesweringsteorieë onder ’n mikroskoop geplaas om dit uit ’n Suid-Afrikaanse perspektief te beskou.