Logo
Wat dit vat – Slim
web uni tv guide

Wat Dit Vat: Met Loki Rothman

144Realiteit13 L
Edo  – Wat dit vat

Edo Mostert

Edó Mostert het die afgelope tien jaar internasionale bekendheid verwerf as ‘n fotograaf wat spesialiseer in troufoto’s.
Hy is ‘n baanbreker as een van Suid-Afrika se eerste manlike voller-figuur modelle wat verteenwoordig was deur Boss Models.
Edo het groot geword in die “skuins dorp met die regop mense” genaamd Piketberg. Hier het hy sanglesse geneem en kuns gedoen deur sy hele skoolloopbaan.
Liggaamspositiwiteit met ‘n gay-vriendelike aanslag is ‘n platform waarvoor hy sosiale media inspan. Hierdeur daag hy nie net individue uit oor hul denkwyse nie, maar maak ook die samelewing bewus van kwessies en aspekte in die LGBTQI+ en plus-grootte gemeenskappe.
Edó se passie is “human connection”, daai oomblik wat die liggie aangaan en mens iemand anders sommer net verstaan.
Hy hoop om meer van dit te ervaar deur hierdie nuwe padjie met Wat dit vat!