Logo

Waag ’n Vet Kans op ’n nuwe begin!

Nuus
04 Oktober 2018
Lees meer hier.
Vet Kans B Billboard 1600 x 640

Vet Kans is kykNET se nuwe werklikheidsreeks, wat ses deelnemers volg in hul reis om hul lewens en voorkoms te verander met behulp van die verslankingsprogram Medi-Lean.

Medi-Lean word slegs aangebied deur geakkrediteerde dokters en is gebaseer op holistiese gesondheid. Gedurende die Vet Kans-reeks word ons deelnemers ondersteun deur twee Medi-Lean-dokters, asook twee lewensafrigters.

Die deelnemers volg die Medi-Lean-program vir 16 weke, met die doel om gewig te verloor en hul algehele gesondheid te verbeter. Die deelnemer wat volgens die dokters die beste vaar op die program wen dan ’n eilandvakansie vir twee persone.

Die Vet Kans-aanbieder Karin van der Laag ondersteun deurentyd die deelnemers en kykers kan emosie, humor en ware lewensverhale verwag. Die doel van hierdie program is om alledaagse mense te help om gesonde eetgewoontes prakties deel te maak van hul leefstyl.

Die lewensafrigters delf ook ’n bietjie dieper en help die kandidate verstaan, hoekom hul ’n ongesonde verhouding met kos het, aangesien gewigsverlies meer kompleks is as net eetgewoontes.

Vet Kans word vervaardig deur Rian van Heerden en word uitgesaai vanaf Donderdag, 4 Oktober 2018 om 18:00 op DStv-kanaal 144. Moenie ’n oomblik van die opwindinde gewigsverliesreis misloop nie.