Logo
Vet Kans
web uni tv guide

Vet Kans

144RealiteitsprogramPG

Ontmoet Vet Kans se dr. Chantelle Eybers

Nuus
18 Oktober 2018
Lees meer.
Vet Kans

Dr. Chantelle Eybers het ’n passievolle belangstelling in ’n gesonde leefstyl. Dus is haar uitkyk ten opsigte van medisyne gefokus op gewigsverlies, voorkomende medisyne en hormoon-balansering. Sy is tans een van die top Medi-lean-praktisyne en sy bied ook opleiding aan vir nuwe Medi-lean-dokters.

Haar uitgangspunt rondom behandelinge is ’n hollistiese benadering tot gesondheid wat gefokus is op die liggaam, gees en omstandighede. Dit sluit onder meer die hantering van stres, oefening, aanvullings, gesonde eetgewoontes en dies meer in.  

LEES OOK: VERBRAND VET EN HOU DIE GEWIG AF

Met meer as 12 jaar se ondervinding in mediese gewigsverlies en meer as vyf jaar in hormoon-balansering, kombineer sy allopatiese medisyne, aanvullings, diëte, oefening en bio-identiese hormone om jou te help om jou volle potensiaal en gesondheid te bereik. 

Sy is getroud met twee seuns en geniet dit om aktief saam met haar gesin tyd te spandeer. Sy is ‘n marathon-atleet en het al twee keer Comrades gehardloop, verder is sy lief vir bergfiets ry en om tyd in die natuur te spandeer.

LEES OOK: ONTMOET DIE DEELNEMERS!

Dr. Chantelle bly op hoogte van die nuutste ontwikkeling in voorkomende medisyne deur gereeld nasionale en internasionale kursusse by te woon in integratiewe medisyne.

LEES OOK: WAAG 'N VET KANS OP 'N NUWE BEGIN

Sy is elke Donderdag om 18:00 te sien op Vet Kans, DStv-kanaal 144. Vet Kans word vervaardig deur Rian van Heerden. Moenie ’n oomblik van die opwindinde gewigsverliesreis misloop nie. Lees meer hier