Logo

Ontmoet die deelnemers – Vet Kans

Nuus
03 Oktober 2018
Dié ses deelnemers pak eersdaags 'n gewigsverlies-stryd soos min aan.
Vet Kans

Werner Troskie:
Ek is 27 jaar ou en bly in Benoni, maar kom oorspronklik van Sundra, Mpumalanga af. My stokperdjies sluit in jag en visvang in – gym was ook altyd een gewees. 

Ek hou van enigiets wat my uitdaag en my stresvlakke toets. Ek kan dit nie hanteer as mense oop mond kou of as iemand my knyp nie.

Ek is die tipe mens wat altyd na iets soek wat my toets en laat uitsien na die volgende stap. Ek is mal daaroor om mense te maak lag, al is dit ten koste van myself. Ek besit my eie bemarkings-besigheid en leer huidiglik hoe om op die stock market te trade.

Pieter Nienaber:
Ek is 42 jaar oud. Ek is ’n gebore in die koue Oos-Vrystaat, Bethlehem waar ek laerskool (Laerskool Môrelig) en hoërskool (Hoërskool Voortrekker 1993) voltooi het. Ek was in die laerskool gekies om deel van die Drakensberg seunskoor te wees – ek het nie kans gesien om so jonk so ver van die huis af te wees nie en het nooit gegaan nie. Nog steeds het ek my liefde vir musiek aanhou koester en is baie lief om na musiek te luister en musiek te maak.

My eerste werk was in Bethlehem. Van 1999 tot 2004 het ek in Harrismith gewerk en gebly waar ek die liefde van my lewe ontmoet het.

In 2004 het ek 'n werksgeleentheid in Pretoria geneem – dit is waar ek tans werk. Ek is getroud op 12 Maart 2005 en uit die huwelik is daar twee seuns gebore (ek noem dit PA-graad, en dit is die grootste blessing in die lewe). Ek is lief vir die lewe en sal geleenthede aangryp wat my pad langs kom. 

Ek is ’n groot familieman en baie lief vir my gesin en familie – ek spandeer ook meeste van my tyd saam met hulle. Ek hou van mense se opregtheid en eerlikheid teenoor my, en as ek weet waar ek met mense staan in my lewe.

My stokperdjie tans: Ek is baie lief vir fotografie en het dit so drie jaar gelede begin doen en weereens besef hoe kosbaar sekere oomblikke in die lewe is wat vir altyd vasgevang kan word. Ek is ’n baie lojale en opregte mens. Ek hou baie van humor en maak altyd tyd vir ’n grappie of twee. 

Ek hou ook baie van kosmaak (nie net braai nie). My woord is ook my eer. Ek doen my bes in die lewe om ’n man vir my vrou, ’n pa vir my kinders en ’n kind vir my ouers te wees. Ek kan goed saamwerk in ’n span sowel as op my eie. Ek is ’n selfstarter. Ek hou ook natuurlik van uitdagings wat haalbaar is. Ek sal ook dinge doen in die lewe om eendag te kan sê: Ek het dit gedoen, en nie ek wou dit nog doen nie.

Ek hou nie van mense wat ongeskik is en neersien op ander mense nie. Ek hou nie van oneerlikheid nie. Ek hou nie van mense wat nie ander kan respekteer vir wie en wat hulle is nie. Ek hou nie van situasies waarvan ek nie in beheer voel nie. Ek hou nie van mense wat dink hulle is beter as ander mense nie. 

Sunelle Bruwer:
My naam is Sunelle Bruwer. Ek is 46 jaar oud.

Gebore in Pretoria, groot geword op Bethal, gematrikuleer in Pretoria, Hoërskool Die Wilgers. Ek het ’n agtergrond in drama en regte. Ek werk tans as ’n analis. Ek was voorheen in die Suid-Afrikaanse polisiediens en het gespesialiseer in werk met bedreigde spesies.

Ek hou van die natuur en stap graag. Ek doen park runs, lees, doen yoga, en is mal oor reis. My mees onlangse reis was ’n sewe weke besoek aan Nieu-Zeeland. Ek is ’n enkel-ma van ’n lieflike 12 jarige, ’n baie sportiewe seun. Gevolglik is my primêre stokperdjies sportkyk en om hom te ondersteun wanneer hy deelneem aan byeenkomste.

Nadia Frederick:
My naam is Nadia Frederick. Ek is 29 jaar oud en het groot geword in Hartbeespoort. Ek bly ook tans hier.

Ek is versot op binnehuise argitektuur en my twee miniatuur Schanuzers  (Maddy en Kira). Ek hou van teater, klassieke musiek en alles wat te doen het met die kunste – en natuurlik ook toer.

Ek en Danie is mal oor ons land se skoonheid en wanneer ons reis, probeer ons soveel as moontlik nuwe plekkies ontdek. Ons hou ook om na voëls te kyk op ons pad. Ek besoek die Kruger Wildtuin elke jaar te besoek maar my hart verlang altyd na die N1-roete Kaap toe.

Ek is lief vir kamp. Ek is ook baie lief vir kosmaak van kleins af. Ek hou niks van wanorde en adrenalien-uitstappies nie (ek werk daaraan).

Cindy Bruintjies:
Ek is Leycinda Algene Bruintjies, maar noem my sommer net Cindy (dis baie sexier). Ek is 39 jaar oud en vier die groot 40 binnekort.

Gebore in Port Elizabeth, Oos-Kaap, maar nou al vir sowat twintig jaar ’n permanent inwoner van Eersterust, Pretoria. Ek wil graag glo dat ek die lieflikste meisie op aarde is – altyd baie vriendelik met almal. Ek hou van mense en om rondom baie mense te wees, soos in ’n club en te dans op die tafels, en te sing, kliphard. Dis vir my lekker om net all over the place te wees!

Tyd saam met my familie is vir my baie belangrike, veral my sister (my partner in crime, ons maak ’n mean team).

Ek hou van brood, dis my downfall – regtig. 

Ek hou niks van koud kry en honger wees nie. Ek hou nie daarvan as iemand my vals beskuldig nie, of my kinders en my familie te na kom nie. Dit maak my vies as iemannd lelik is met ander. 

En ek is báie lief vir my Mommy en Daddy!

Theresa Erlank:
Ek is Theresa Erlank. Ek het onlangs 44 jaar oud geword, maar my kop weet dit nie. My kop dink ek is 28...

Ek het drie jong kinders wat ek in my laat 30’s gehad het. Ek is getroud (hierdie jaar 13 jaar) met ’n [man van Zimbabwe] wat ek in die Caribbean ontmoet het.

Ons het verloof geraak in Alaska en toe by die huis kom trou. Van die laagtepunte in my lewe was die verlies van drie babas, sowel as die verlies van my pa, amper agt jaar gelede.

Hoogtepunte in my lewe sluit in die geboorte van my kinders, my troudag (cliché, ek weet!) en dan die bywoning van die 2016 World Championships of Performing Arts in Los Angeles, saam met die Suid Afrikaanse span en my sus, waar ons beide dan ook medalje-wenners was!

Ten tye van my pa se dood, het ek my eie events company gehad waarvan ek moes afstand doen om sy elektriese besigheid oor te neem. Ons werk kommersiëel en dus is dit ‘n voltydse ding met groot kliënte. Bruide veral vereis baie aandag en ek kon nie meer die twee saam doen nie.

Ek sien myself as ’n positiewe mens. Die glas is nie half vol of half leeg nie... Jy mis die punt. Daar is plek vir nóg van whatever jy drink!

Ek is ’n praktiese mens en wanneer daar speedbumps in die pad is, probeer ek dadelik uitwerk wat die beste, praktiese oplossing is om daardie hobbel weer gelyk te maak. Ek is beide sterk linker- en regterbrein, dus ’n logiese denker sowel as kreatief. My slegste eienskap? Ek kry dalk bietjie road rage...

Ek hou van mense wat my persoonlikheid aanvul, mense wat lekker kan kuier, mense wat vir hulle self kan dink, eerlike mense, somer, wyn

Ek hou nie van mense wat nie vir hulle self kan dink nie, meeste taxi-bestuurders, mense wat nie ander mense of hul besittings respekteer nie, rugstekers, mense wat laat is – dis disrespekvol. 

Tussen my kids rondry, die besigheid en my sang, is daar nie regtig meer tyd vir enige iets anders nie. Ek doen so dan en wan kinderpartytjies en ander funksies in die bietjie spaartyd wat ek het. Wanneer die geleentheid homself wel voordoen, gaan sit ek graag êrens in die son met ‘n lekker storieboek.

Moenie ’n oomblik van die opwindende gewigsverliesreis misloop nie. Skakel in vanaf Donderdag, 4 Oktober 2018, om 18:00 op DStv-kanaal 144 vir Vet Kans. Gesels saam op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #VetKans.