Logo
Die Van Coke Show
web uni tv guide

Die Van Coke Show

144Geselsprogram13L
Die Van Coke Show

Oor die program

Dis ’n speletjiesprogram waar niemand regtig iets wen nie. Francois van Coke is aanbieder en sy ‘kapteine’ saam met die gaste speel – en natuurlik sluit Francois af met 'n liedjie. 

S1 | E13
31 Desember 20:30
'S1/E13'. Dis 'n game show waar niemand regtig iets wen nie. Ons kyk terug oor die afgelope 12 episodes - al die pret, l...

‘Kliphard speel om niks te wen’ – Die Van Coke Show

News
21 September 2018
Met Francois van Coke – lees meer.
Web VanCokeShow Homepage Billboard 1600 x 534

Op Maandag, 8 Oktober, sal die rocker Francois van Coke ook TV-aanbieder op sy CV kan sit wanneer die eerste episode van sy nuwe TV-program op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word.

Die Van Coke Show is ’n nuwe speletjies- en geselsprogram waar almal kliphard speel om niks te wen nie. Saam met bekendes en komediante gaan Francois die draak steek met al die malligheid wat in die wêreld aangaan.

Francois is in 2017 genader deur C-Saw Produksies om ’n televisieprogram vir kykNET te skep. Die formaat van die speletjiesprogram is ontwikkel rondom Francois se passies en belangstellings. Die program sluit dus natuurlik ook ’n musikale element in.

Elke week sal spanne teen mekaar meeding in vinnige vraag-en-antwoordsessies en ook lekker skerts oor musiekvideo’s op daardie vreemde ding wat ons die internet noem.

Van Coke word elke week bygestaan deur spankapteine soos Cindy Swanepoel (Binnelanders), Jonathan (Radio Raps), Solomon Cupido (Mense Mense), Beer Adriaanse (Hotel, Fynskrif) en Quanita Adams (Sara se Geheim).

Van sy ou Fokofpolisiekar-kamerade is deel van die nuwe TV-avontuur. Hunter Kennedy en Wynand Myburgh sal agter die skerms saam met die vervaardiger Liebie Opperman en die regisseur Gerrit Joubert werk om vir die volgende dertien weke die blou uit elke Maandag te haal.

Die Van Coke Show is vanaf Maandag, 8 Oktober om 20:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) te sien.

Nog Programme