Logo
Suidooster S9 Oct 2023 Slim BB
web uni tv guide

Suidooster

144Drama13

Tien dinge wat jy van Vashti Prins moet weet

Nuus
06 Februarie 2017
Daar is vanaf 6 Februarie 2017 ’n nuwe gesig in Suidooster en die aktrise wat dié nuwe rol vertolk is Vashti Prins.
Vashti Prins Suidooster

Daar is vanaf 6 Februarie 2017 ’n nuwe gesig in Suidooster en die aktrise wat dié nuwe rol vertolk is Vashti Prins.

Hier is tien dinge wat jy van haar moet weet:

1.


Vashti Prins (22) is van Kuilsrivier in Kaapstad en het aan die Hoërskool Stellenberg gemaktrikuleer.

2.


Haar karakter in Suidooster se naam is Danielle Hendricks. Sy gaan vir Ian October en Lee-Ann Jacobs as ontvangsdame by Suidooster gaan werk.

3.


Vashti beskryf haar karakter, Danielle, as jonk en ambisieus. Sy is iemand wat raakgesien wil word, maar is ook ’n bietjie naïef oor die lewe. Sy is ook toeganklik en maklik om mee oor die weg te kom. Haar werksverpligtinge is vir haar belangrik en sy wil graag haar baas en kollegas beïndruk.

4.


Hoewel sy nie veel oor haar rol kan verklap nie, gaan sy wel die oog van Tim du Plooy (Marco Spaumer) vang en gaan Nicole October (Gerwen Simon) haar as ’n bedreiging sien.

5.


Vashti se rol in Suidooster is nie net haar eerste rol in ’n sepie nie, maar ook die eerste keer wat sy op TV ’n aktrise gaan wees.


6.


Sy was tot verlede jaar nog ’n voltydse universiteitstudent en gaan vanjaar haar honneursgraad in drama van die Universiteit van Stellenbosch ontvang.

7.


Sy het onder andere al by Abduraghmaan Adams, wat Ian October in Suidooster vertolk, klas gehad.

8.


Vashti het goeie verhoogondervinding en is vanjaar benoem vir ’n kykNET Fiësta vir Beste Opkomende Kunstenaar vir haar vertolking in Die Gangsters.

9.


Haar kêrel is Dean Smith, ook ’n talentvolle akteur wat onder meer in 2016 die Fiësta-toekenning vir beste ondersteunende akteur gekry het.

10.


Sy is ook ’n talentvolle sangeres en was ’n lid van die bekende Tygerberg-kinderkoor.

Suidooster word van Maandae tot Donderdae om 18:00 op kykNET en kykNET & kie uitgesaai.