Logo
Suidooster S9 Oct 2023 Slim BB
web uni tv guide

Suidooster

144Drama13

Talle nuwe gesigte in Suidooster

Nuus
13 Maart 2017
Die mense van Ruiterbosch en hul intriges sorg vir spanningsvolle kykvermaak in Suidooster, en daar is nou talle nuwe intrekkers in dié fiktiewe Kaapse woonbuurt.
Carmen Suidooster

Die mense van Ruiterbosch en hul intriges sorg vir spanningsvolle kykvermaak in die kykNET-sepie Suidooster, en daar is nou talle nuwe intrekkers in dié fiktiewe Kaapse woonbuurt.

Só het kykers onlangs met Danielle Hendricks, wat deur die talentvolle jong aktrise Vashti Prins vertolk word, kennis gemaak. Vashti is onlangs benoem vir ’n kykNET Fiësta-toekenning vir beste opkomende kunstenaar vir haar verhoogvertoning in Die Gangsters.



Nóg ’n nuweling in Suidooster is Eden Classens wie se karakter, Justin Potgieter, die nuwe kelner in Oos Wes is. Eden, wat by die New York Film Academy en Afda studeer het, het ook al sy lyf model op die loopplanke van New York en Milaan gehou en tree ook gereeld by plaaslike modegebeurtenisse op.



’n Bekende gesig vir aanhangers van Suidooster en Binnelanders, wat ook pas haar terugkeer gemaak het, is Desiré Gardner. Desiré het verlede jaar as Carmen Fourie in Ruiterbosch opgedaag en sy is nou permanent terug in Suidooster ná sy in Augustus vir die tweede keer ma geword het.



Op 14 Maart gaan kykers ook met dr. Siya Thuli kennis maak, wat deur Gantane Kusch (hooffoto) gespeel word. Gantane het veral aandag vir sy rol as Gimba in Noem my Skollie getrek.

Nóg goeie nuus is dat Elsabé Daneel gekies is om Carmen se ma en Bianca (Simone Biscombe) se aanneemma te speel. Dié veteraanaktrise sal op Donderdag 21 Maart vir die eerste keer as Estelle Fourie in Suidooster te sien wees.



Kykers gaan ook op 24 April met nog ’n lid van die geliefde Samsodien-familie kennis maak. Rhafiek (Irshaad Ally) se tweelingbroer, Rhiyaaz, kom uiteindelik van oorsee in Ruiterbosch ’n draai maak na ’n skok-gebeurtenis die Samsodiens tref.



Rhiyaaz word deur Anton Jeftha vertolk en hy het spesiaal van Los Angeles gekom om in Suidooster te wees. Anton het al in Amerikaanse reekse soos Dominion en Homeland gespeel, terwyl hy ook onder plaaslike kykers bekend sal wees vir sy verskyning in ’n rits advertensies vir Outsurance.

In April val die jong akteur Dean Smith ook by Suidooster in. Dean, wat net 23 is, het in 2016 die Fiësta-toekenning vir beste manlike byspeler vir sy rol in die toneelstuk Die Dag is Bros gekry en is vanjaar weer vir dieselfde kategorie benoem vir sy vertolking in Kristalvlakte. Aardklop Nasionale Kunstefees het hom ook in 2017 as beste akteur vir sy spel in ’n COCK & BULLshit Storie aangewys.

Suidooster word Maandae tot Donderdae om 18:00 op kykNET en kykNET & kie en om 20:00 op kykNET & kie uitgesaai.