Logo
Slim BB spoorloos
web uni tv guide

Spoorloos

144Drama13 VL
Spoorloos 5365

Yvette Visagie

“Stille water, diepe grond…” Yvette is ‘n buitestaander maar daar is ‘n misterie om haar wat haar laat uitstaan in hierdie klein dorpie. Daarom het sy al die misfits van die skool onder haar spel. Sy laat hulle voel of hul êrens behoort en dit gee haar ‘n mag oor die meisies wat haar nie so lelik en leeg van binne laat voel nie. Sy is trots op haar andersheid maar het ‘n geheime begeerte vir liefde. Sy bly by haar maverick ouma Sannie. Yvette voel alleen omdat sy voel niemand verstaan haar nie. Totdat sy Adam Prinsloo ontmoet. Hierdie liefde maak haar blind vir Adam se planne met haar. Solank sy begeer voel deur hom maak haar sin.