Logo
Slim BB spoorloos
web uni tv guide

Spoorloos

144Drama13 VL
4

Joey Steyn

Vertolk deur Diaan Lawrenson.

Joey het van kleintyd ’n belofte aan haarself gemaak: Sy sal nooit arm soos haar ouers wees nie. Dit het sy reggekry toe sy met Daniel getroud is en sy geniet haar rol as die vrou van die huis op Steynhof. Joey is bekend vir haar swierige partytjies en sal baklei vir wat sy glo haar toekom. Sy is ’n uitstekende skut en mis nie sommer ’n skoot nie, iets wat selfs die mans van die omgewing waardering voor het. Moenie dat haar ontwerpersklere en vrolike geaardheid jou flous nie – sy is iemand met wie jy nie wil swaarde kruis nie.