Logo

Skelmpie: Vertrou jou instinkte

Nuus
23 Maart 2018
Sharon se maat was na 25 jaar ontrou. Ons gesels verder met haar agter die skerms.
Skelmpie_Sharon

In ’n onlangse episode van Skelmpie het ons vir Sharon, ’n welgestelde ma van Centurion, ontmoet. Sharon het saam met haar man ’n besigheid begin, en ná 25 jaar saam het hy op haar verneuk.

  1. Julle het saam gewerk. Hoe dink jy het hy dit reggekry om op jou te verneuk?
    Ek dink hy het dit reggekry, want in ons bedryf sien ons baie kliënte. Ja, ek is in beheer van sy dagboek, maar ons het baie vrye tyd. Hy kan sê hy is by pelle. Ons is beide baie sosiale mense, so ek dink dit was makliker vir hom.
     
  2. Wanneer bly jy in ’n verhouding, en wanneer is dit tyd om op te gee?
    Ek dink ’n mens moet probeer om aan jou huwelik te werk. Dit kom egter van albei kante af. Dis baie werk om vir lank getroud te wees. Mens raak gewoond aan mekaar. Mens is geneig om makliker geïrriteerd te raak met mekaar, maar as daar nie meer liefde is nie, dan moet jy daai besluit maak.

    LEES: Loui Fish – ‘Ek weet nou wat die prys van brood is’
     
  3. Was daar tekens?
    Daar was ’n naweek wat ek vermoed het iets het gebeur. Hy was baie anders die volgende dag. Ek het een aand sy foon gevat, maar ek kon dit nie unlock nie. Ek kon wel die boodskappe daarop sien. En toe het ek vermoed dit moet sy wees.
     
  4. Wie was sy?
    Sy [was] ’n vriendin in my huis wat ook getroud was. Die laaste keer wat ek haar gesien het, was dit net ons drie alleen in die vertrek, en hulle twee was baie stil. Dit was daardie dag wat ek geweet het dit moet waar wees. Al glo ek dit nie, I just felt it.
     
  5. Is jy spyt oor enigiets?
    Die grootste fout wat ek gemaak het is dat ek nie my instink gevolg het nie. My instink het vir my lank al gesê daar is moeilikheid, and I just didn’t want to believe it.
     
  6. Wanneer iemand dit vermoed, hoe stel jy voor moet hulle dit benader?
    Ask the questions. En vra vir hulle of hulle ontrou is. As hulle dit ontken, which they obviously will, dring aan op ’n eerlike antwoord.

    As jy in ’n verhouding is, hoekom wil jy dit nie maak werk nie. Hoekom is jy nie bereid om vir huweliksberading te gaan nie? Everybody gets tired of each other. Selfs vriende – vriendskappe gaan altyd deur moeilikheid, maar as jy regtig omgee vir iemand, moet jy verstaan, dit gaan nie net oor liefwees nie. As jy regtig omgee vir iemand, it’s worth a try. Maar dit kan nie van eenkant af kom nie. As hulle nie bereid is om dit te doen nie, then unfortunately you have to call it a day and give up.

Kyk die video:

Skelmpie word Saterdae om 20:00 op kanaal 144 uitgesaai. Moenie die volgende aflewering van Skelmpie misloop waar ons met twee gay mans gesels, een wat verneuk het en een op wie verneuk is. Gesels saam op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #Skelmpie.