Logo

Silwerskermfees 2016: Skryf nou in!

Nuus
01 Maart 2016
Brand jy om ’n storie in kortfilm-formaat te vertel? Dis nou jou kans om jou droom ’n werklikheid te maak met die Silwerskermfees, in samewerking met kykNET.
kykNET Silwerskerm Logo

Suid-Afrika is ’n land propvol stories. Suid-Afrika is ook ’n land met ’n filmbedryf wat by die dag groei. Die jaarlikse Silwerskermfees, vanjaar in sy sesde jaar, gee weer vir aspirant-filmmakers en -draaiboekskrywers die kans om hul storie op film te vertel.

Die Silwerskermfees, wat later vanjaar weer deur kykNET in Kampsbaai aangebied word, beoog om die Suid-Afrikaanse filmbedryf, wat dokumentêre rolprente en kortfilms insluit, die platform te gee wat dit toekom. Die fees, Suid-Afrika se eie Cannes-filmfees in die kleine, het ’n jaarlikse instelling geword. Dit is waar rolspelers in die bedryf soos regisseurs, vervaardigers, verspreiders, spelers en ander betrokkenes skouers skuur vir ’n paar magiese dae – waar rolprente gepraat, geëet en geleef word.



Inskrywings vir vanjaar se kortfilms het op 30 Maart 2016 gesluit. Vyftien kortfilms word uit die aansoeke gekies om vervaardig te word en die begroting per kortfilm is R160 000.

kykNET se Silwerskermfees – visuele genot vir almal.

Entiteit: Electronic Media Network (M-Net)
Kanaal: kykNET
Lengte: 23 minute
Begroting: R160 000 per rolprent
Inskrywingsfooi: R200.00 per inskrywing

BEPALINGS EN VOORWAARDES

Silwerskermfees: Konsepvoorleggings vir kortprente

Jou deelname aan die uitnodiging om in te skryf, geld as ’n bindende aanvaarding van die reëls en regulasies soos vervat hier onder:

1. Voorleggings moet kykNET óp of vóór 30 Maart 2016 bereik.
2. Voorleggings wat nie aan die voorleggingsvereistes voldoen nie, sal nie aanvaar word nie.
3. Voltooi asseblief net die aanlyn aansoekvorm indien jy na behore gemagtig is om die voorstel in te dien en die mees geskikte persoon is vir die organiseerders om te kontak in verband met die voorlegging.
4. Voorstelle wat ingedien is sonder volledige aansoekvorms wat korrek ingevul is, sal nie aanvaar word nie.
5. Alle kommunikasie moet duidelik gemerk word met die titel van die prent as verwysing.
6. Met bevestiging dat jou kortprentvoorstel gekies is as een van die 15 kortprente waarvoor M-Net gaan opdrag gee, sal daar van jou verwag word om M-Net se standaard-opdraggewende kontrak vir sodanige kortprent te teken. In ’n geval waar die partye nie kan ooreenkom op sodanige ooreenkoms nie, hou M-Net homself die reg voor, in geheel na sy eie goeddunke, om nie opdrag te gee vir die vervaardiging van die kortprent gebaseer op jou konsepvoorstel nie. Om enige twyfel uit die weg te ruim, stem jy daartoe in dat die kopiereg en alle ander intellektuele eiendomsreg in die kortprente wat vervaardig is kragtens paragraaf 6 eksklusief by M-Net sal berus.
7. Geen aansoeke en materiaal wat aangestuur word vir M-Net se onkoste sal aanvaar word nie.
8. Filmmakers wat in ’n vorige jaar deurgedring het na die produksieronde in die kapasiteit van draaiboekskrywer of regisseur, mag nie weer in daardie selfde kapasiteit deelneem aan ’n voorgelegde projek nie.
9. Filmmakers wat deurgedring het na die produksieronde in die kapasiteite van draaiboekskrywer en regisseur mag nie weer deelneem aan ’n voorgelegde projek in een van daardie kapasiteite nie.
10. Indien ’n filmmaker deurgedring het na die produksieronde in twee vorige jare as skrywer of regisseur mag hul wel deelneem aan ’n voorgelegde projek as ’n vervaardiger, of lid van die produksie- of verfilmingspan.
11.1. Geen kontantborge vir ’n Silwerskermfees-kortfilm sal aanvaar word nie.
11.2. Alle ruiltransaksies op die Silwerskermfees-kortfilm projek moet goedgekeur word deur M-Net voor 17 Junie 2016.
12. M-Net sal uitsluitlik ’n keurkomitee aanstel om die ingediende voorstelle te beoordeel en om die 15 beste kortprentvoorleggings vir opdraggewing deur M-Net te kies. Die keurkomitee sal deur M-Net aangestel word en die besluit wat deur die komitee gemaak word met betrekking tot die verkose voorleggings sal finaal wees. Geen verdere korrespondensie sal in dié verband gevoer word nie. Die besluit oor die maksimum hoeveelheid van die beste kortprentkonsepte berus uitsluitlik by M-Net.
13. Die geslaagde aansoeke van die kortprentkonsepte sal op 30 Mei 2016 op www.kyknet.tv aangekondig word en die verskeie persone sal via e-pos verwittig word.
13. Die vertoning van die kortprente waarvoor daar opdrag gegee is, sal geskeduleer word na goeddunke van M-Net gedurende die Silwerskermfees (24-27 Augustus 2016).
14. Aansoekers moet burgers van die Republiek van Suid-Afrika wees ten tye van die indiening van die kortprentvoorstelle.
15. Aansoekers jonger as 18 moet toestemming van hul ouers of voogde kry voordat hulle kan inskryf.
16. Dit is jou verantwoordelikheid om seker te maak dat jou aansoek op die uitnodiging aan deelname ons voor die sluitingsdatum bereik. Enige aansoeke wat ons na die sluitingsdatum bereik, sal nie in aanmerking kom nie, ongeag die rede vir die laat aansoek.
17. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye is nie verantwoordelik vir enige voorstelle/aansoeke wat nie deur M-Net ontvang is nie, hetsy betyds of nie en ongeag die rede daarvoor. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye is nie verantwoordelik vir enige probleme of tegniese foutwerking van enige telefoonnetwerke of -lyne, rekenaar-aanlynstelsels, rekenaarbedieners of -verskaffers, rekenaarhardeware- of sagtewareprobleme, verkeerskongestie (hetsy fisiek of op die internet, telefoonlyne, of enige ander diensverskaffer, webwerf of enige ander toestel of medium), of enige kombinasie daarvan, of enige ander tegniese of ander probleme nie.
18. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye is nie verantwoordelik vir enige skade aan jou of enige ander persoon se rekenaar, selfoon of enige ander toestel wat deur jou gebruik word om in te skryf of om enige materiaal te bekom wat verband hou met jou aansoek nie.
19. Dit is jou verantwoordelikheid om seker te maak dat enige inligting wat jy aan ons voorsien korrek, volledig en op datum is.
20. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye is nie verantwoordelik vir enige foute en/of weglatings in enige inligting ingedien in reaksie op die uitnodiging tot deelname nie.
21. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye is nie verantwoordelik vir, en verwerp alle aanspreeklikheid vir, enige verlies, aanspreeklikheid, besering, uitgawe of skade (hetsy regstreeks, onregstreeks, toevallig, bestraffend of voortspruitend) van enige aard, hetsy weens nalatigheid of enige ander oorsaak, wat jy, of jou vennoot (waar van toepassing) mag ly uit jou aansoek in reaksie op die uitnodiging tot deelname, of weens enige optrede deur ons of ons geaffilieerde maatskappye in ooreenstemming met die reëls en die regulasies.
22. M-Net en sy derde party-verskaffers, soos die geval mag wees, behou hom die reg voor om dié uitnodiging tot deelname/of enige aspek daarvan aan te pas, uit te stel, te staak of te kanselleer vir welke rede M-Net dit ook al mag nodig ag. Ingevolge sodanige aanpassing, uitstelling, staking of kansellasie, stem jy daartoe in om afstand te doen van enige regte, belange en verwagtinge wat jy mag hê ten opsigte van die uitnodiging tot deelname en jy erken dat jy geen regres het teen ons, ons geaffilieerde maatskappye en derde party-verskaffers nie.
23. As jy, of jou vennoot (indien van toepassing), in gebreke bly om aan enige van die reëls of regulasies te voldoen, behoudens enige ander regsmiddel wat ons mag hê, sal
a. jy outomaties gediskwalifiseer word;
b. jy ons betaal vir enige verlies of skade wat regstreeks of onregstreeks deur ons gely word weens jou (of, indien van toepassing, jou vennoot) se nie-nakoming van die ooreenkoms, insluitend al ons regskoste (insluitend prokureurs- en eie-kliëntkoste) wat ons ons op die hals mag haal in enige stappe wat geneem moet word weens jou (of jou vennoot) se nie-nakoming; en
c. jy vrywaar ons en ons geaffilieerde maatskappye van aanspreeklikheid van enige eise van enige mens, (hetsy regstreeks, onregstreeks, toevallig, bestraffend of voortspruitend) van enige aard, hetsy voortspruitend uit nalatigheid of enige ander oorsaak, wat verband hou met enige sterfte, besering, verlies en/of skade wat op welke mate ook al gely mag word voortspruitend uit jou versuiming (of dié van jou vennoot, indien van toepassing) om hieraan te voldoen.
24. Vir die doeleindes hiervan beteken “geaffilieerde maatskappye” M-Net se vennote, medepromotors en borge van dié kompetisie.
25. Dié reëls en regulasies sal vertolk, geïnterpreteer en afgedwing word kragtens die wette van kontrak- en dispuutresolusie in die Republiek van Suid-Afrika.