Logo
Sara se geheim
web uni tv guide

Sara se Geheim

144Drama7
Sara Abrahams

Sara Abrahams

Moeder van Johnny (Johan), Magriet en Lizzie. Ouma van Inge, Aiden en Kelvin. Skoonmoeder van Virgil en Nicola.

Sara se liefde is soos die water in die see en die sterre in die hemel. Die soort vrou wat deur bitter swaarkry, opoffering en pyn geleer het dat haar krag van Bo af kom. Haar kinders en kleinkinders is die rede vir haar bestaan.

Sara sal nooit baklei soek nie, maar sy het ’n inbors van staal en teenwoordigheid van gees en sal tot die laaste druppel bloed veg om haar kinders te beskerm. Soos ’n Fiela Komoetie het sy van jongs af geleer om nie haar trots bo dit wat werklik belangrik is, te stel nie. Sy is wys, want die noodlot se sadistiese wendinge het haar laat besef dat die mens maar net ’n speler op die bordspel van die lewe is. Die Here het geskommel en die dice het verkeerd geval vir Sara. Daais ma’al.

Ons bewonder Sara, maar sy is nie perfek nie. Dis juis haar menslikheid wat haar bewonderenswaardig maak.

Sara het eerstehands ervaar wat ’n leuen aan jou kan doen en daarom spoor sy haar kinders aan om die waarheid na te streef. Haar foltering is om te sien hoe haar kinders dieselfde foute as sy maak. Sy haat leuens maar tog sal sy haar kinders se geheime soos haar eie bewaar.

Sal Sara die familie steeds bymekaar kan hou wanneer al die geraamtes uit haar borskas geval het?