Logo
Sara se geheim
web uni tv guide

Sara se Geheim

144Drama7
Ricardo Baaitjies

Ricardo Baaitjies

Maggie se eks-kêrel.

Ricky is moeilikheid. Toe hy jonk was, was hy die tipiese bad boy, en Maggie was aangetrokke tot hom. Onvoorspelbaar, gou op sy perdjie; hy lewe vinnig en gevaarlik. Hy was (en is) ook sjarmant, glad met die bek en passievol.

Ricky is nie suiwer boosheid nie: Die lot het hom ’n moeilike hand toegedien. Hy is ’n produk van omstandighede, want waar ’n beter persoon uit die ellende sou uitrys, het Ricky toegegee aan die donker kant. Die sade van sy ondergang was alreeds gesaai. Die dekades agter tralies het hom slefs meer gevaarlik gemaak. Hy’t geleer om verdraagsaam te word, en beplan sy dade vir maksimum impak.

As ’n meester manipuleerder verstaan Ricky die ingewikkelde menslike natuur. Hy ruik ander se swakhede uit. En weet hoe om met mense te werk. Hy’t ’n ongelooflike vermoë om mense se innerlike begeertes te lees en dan te manipuleer. Ricky lei die swakkelinge, verhef die kwesbares, vermorsel die boelies. Alles hierdie doen hy vir eie gewin.