Logo
Sara se geheim
web uni tv guide

Sara se Geheim

144Drama7
Maggie Cloete

Maggie Cloete

Oudste dogter van Sara Abrahams, suster van Johnny (Johan) en Lizzie, getroud met Virgil Cloete en ma van Aiden en Kelvin.

As jy na Magriet kyk sal jy nooit raai dat sy op viskoppe grootgeword het nie. Hierdie gesofistikeerde vrou het haarself hermoduleer. Haar uitgangspunt is dat sy nie sal toelaat dat die boeie van die verlede ’n slagoffer van haar maak nie. Daarom het sy haar naam verander na Maggie. Niemand durf haar Magriet noem nie, nie eens Sara nie. Sy weier om ’n slaaf in haar siel te wees. Geld beteken mag en daarom is dit belangrik.

Maggie weet dat magteloosheid ’n slagoffer van jou maak en sy glo nie in die slagoffermentaliteit nie. Maar moenie dink sy is ’n softie nie, sy is hard en sy glo in tough love. Sy is ’n vroulike Don Corleone en is die teenpool van haar ma wat dink dat liefde en ’n sagte hand alles sal oplos. Maggie is die ysgodin. Sy is trots op haar kultuur en wortels en het dit haar lewenstaak gemaak om die gemeenskap om haar op te hef. Alhoewel sy ryk is, sal sy nooit uit Athlone wegtrek nie want dis waar “haar mense” is. Haar leuse is dat jy arm maar nie agterlik hoef te wees nie. Sy is berekend, strategies en super stylvol. Maar dis ’n bestudeerde front en as die sop spat kom Maggie se handskoentjies af.

Maggie is ’n uitstekende manipuleerder omdat sy mense so goed kan lees. Sy vergewe nie maklik nie.

Hoe ver sal Maggie gaan om haar sosiale status te behou?