Logo
Sara se geheim
web uni tv guide

Sara se Geheim

144Drama7
Kelvin Cloete

Kelvin Cloete

Maggie en Virgil se jonger seun en broer van Aiden.

Kelvin is sy ma se blue-eyed boy. Maggie trek hom skaamteloos voor.

Hy is ’n talentvolle danser en baie ambisieus en gedrewe. Hy maak die meisies se bene lam met sy danspassies. Hy is ’n natuurlike danser en hoef nie homself te veel te beywer om ’n nuwe dans reg te kry nie.

Kelvin en Maggie droom saam oor hoe hy eendag oorsee met ’n beroemde dansgeselskap sal optree. Op ’n dag val so ’n gulde geleentheid in sy skoot.

Hy wil ’n beter danser wees, want dans is sy eerste liefde, maar wanneer sy ouers ekstra druk op hom plaas in hierdie verband, word dit dan vir hom meer van ’n werk as ’n passie.

Hy wil gemaklik lewe sonder enige uitdagings wat moontlik sy bevoorregte lewensyl kan beinvloed.