Logo
Sara se geheim
web uni tv guide

Sara se Geheim

144Drama7
Lizzie Kiewiets

Elizabeth ‘Lizzie’ Kiewiets

Sara se jongste kind, Maggie se suster en Virgil se skoonsuster. Haar ouer sibbe is Maggie en (die beweerde wyle) Johnny.

As Sara se jongste kind het Lizzie al die aandag-issues, komplekse en kompleksiteite wat gepaardgaan met daardie posisie in ’n gesin.  Aan die poistiewe kant het dit daartoe bygedra dat sy free spirited grootgeword het, sonder die verantwoordelikhede van haar ouer sibbes. Sy is sorgvry en het ’n borrelende persoonlikheid – sy lag maklik.

Sy sê wat op haar hart is sonder ’n enkele brokkie kommer oor wat sy uiter, en is so eerlik en op die man af dat dit dikwels eintlik as taktloos beskou kan word. Sy sal weliswaar enigiets doen om haarself die middelpunt van enige gesprek te maak en die fokus op haar te plaas.

Die eerste mens wat ooit werklik na haar geluister het, was Danny, met wie sy getrou het. Hy is ’n reisende musikant, wat die reputasie van hierdie musikante gestand doen – hy is ’n vabond. Maar sy is mal oor hom, want hy laat haar goed voel. Hy gee aandag aan haar en soos so baie ander “players” soos hy, weet hy net hoe om die regte snaar te raak om haar te laat hoor wat sy wil hoor. Daar is niks wat Lizzie nie vir hom sal doen nie en sy is ten volle, met haar hele wese verbind tot hom.

Lizzie is ongetwyfeld die komiese een in die familie, maar sy is nie noodwendig ’n nar nie. Sy is iemand wat emosies diep en sterk ervaar en haar kapasiteit vir humor is eintlik gesetel in haar sterk begeerte om ingesluit en aanvaar te word.